Produksiebestuurder (Lê-Hoenders)
Closing Date : 2016-10-07
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë in die Paarl, beskik tans oor die bogenoemde geleentheid vir ’n persoon met bestuursvernuf, goeie menseverhoudinge en die vermoë om uitstekend te kommunikeer. Die ideale kandidaat is georganiseerden kan onder druk en baie noukeurig werk. Drie tot vyf jaar toepaslike ondervinding in ’n soortgelyke betrekking en goeie beplanningsvaardighede is verdere vereistes vir hierdie pos. Goeie kennis van produksiepraktyke asook eierproduksie sal in die aansoeker se guns tel.
Die posbekleër sal vir die volgende bestuursfunksies verantwoordelik wees: Eierproduksie: • Monitor eierprogramme, water- en voedingvlakke • Hanteer enige afwykings van normale produksiepatrone • Rapporteer abnormaliteite aan bestuur • Reageer te alle tye op noodsituasies/alarms • Behartig alle instandhouding en herstelwerk. Bestuur van personeel onder sy/haar toesig: • Beplan, organiseer en beheer aktiwiteite • Opleiding en motivering • Bestuur afwesigheid en verlof • Prestasie-evaluering • Verseker voldoening aan toepaslike arbeidswette, bv. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet op Arbeidsbetrekkinge en Wet op Gelyke Indiensneming.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 7 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u binne twee weke geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...