Botteleringslynbestuurder
Closing Date : 2015-07-14
Closed : Yes
Description:
Botteleringslynbestuurder
Breëriviervallei Botteleringskoöperasie is in Worcester geleë, waar hulle primêr verantwoordelik is vir die bottelering van hul lede se
wyne. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir een van die botteleringslyne. Die ideale kandidaat beskik oor: • Matriek plus 3-5 jaar ondervinding van botteleringslyne of ’n soortgelyke produksie-omgewing • tegniese agtergrond van produksielyne • meganiese en elektroniese agtergrond van botteleermasjiene • toesighouersvaardighede • blootstelling aan ’n kwaliteitsbeheerde werksomgewing • vermoë om onder druk te funksioneer • bereidwilligheid om soms oortyd te werk.
Persone met bewese ervaring op die volgende gebiede, kan gerus aansoek doen: • bestuur van produksielyn • meganiese en elektroniese
onderhoud van en herstelwerk aan masjiene • handhawing van gehaltebeheer en produkspesifikasies • verliesbeheer van voorraad
• toesighouding oor operateurs en ander personeel • BRC- en ISOstandaarde.
Die Koöperasie bied die normale werknemersvoordele en markverwante salaris eie aan ’n groot onderneming.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...