Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-09-27
Closed : Yes
Description:
Botha Kelder, geleë in die skilderagtige Breedekloof Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking. Assistent-Wynmaker Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel. Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir • die köordinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • koördinering van kwaliteitskontrolestelsels • die wynmaakproses saam met wynmakerspan • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies • alle ander take wat met die pos verband hou. In ruil vir jou bydrae bied Botha Kelder ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 27 September 2016. Diensaanvaarding: Onderhandelbaar Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...