Job Details

Wynproe Ambassadeur

Closing Date : 2016-11-04
Closed : Yes
Description:
Leopard’s Leap Family Vineyards in die Franschhoek-vallei verlang ’n persoon met ’n spontane persoonlikheid en positiewe lewensbenadering. Wynproe-ambassadeur Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees: • die vriendelike ontvangs van gaste in die Leopard’s Leap Proelokaal • die aanbied van wynproeë • die hantering van wynverkope • die verskaf van inligting aan besoekers oor Leopard’s Leap en sy produkte, die Franschhoekomgewing, die wynbedryf in die algemeen, asook oor Suid-Afrika • voorraadbeheer • bystand met bemarkingsaktiwiteite en verwante administratiewe take. Die volgende kriteria is van toepassing: • die vermoë om gaste se besoek aan Leopard’s Leap spesiaal te maak • uitmuntende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels (’n derde taal sal as ’n aanbeveling dien) • professionele voorkoms en optrede • grondige kennis van wyn (ondervinding van ’n soortgelyke posisie sal in kandidate se guns tel) • algemene kennis ten opsigte van Suid-Afrika en die wynbedryf • rekenaarvaardigheid • bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk. Leopard’s Leap bied ’n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 4 November 2016. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital, tel. 021 863 1444. As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...