Wynmaker
Closing Date : 2016-09-14
Closed : Yes
Description:
Wynmaker
Tulbagh Wynkelder geleë in die pragtige Witzenberg-wynvallei, beskik tans oor die bo staande posisie. Die suksesvolle kandidaat is ’n goeie kommunikeerder met ’n na skoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde sowel as ’n minimum van 6 jaar onder vinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid en kennis van kwaliteits kontrolestelsels (veral IPW) is verdere vereistes vir die pos.
Die Wynmaker rapporteer aan die Produksiebestuurder en sal verantwoordelik wees vir die volgende kerntake • die koördinering van parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • skakeling met wynaankopers • bestuur van kwaliteitskontrolestelsels (IPW) • voorraadbeheer en produksie-administrasie • opstel en toepassing van kelderbegrotings • behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë • beheer en toesig oor kelderpersoneel • ander take wat normaalweg met die pos verband hou.
In ruil vir u dienste bied Tulbagh Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 14 September 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...