Groep Menslike Hulpbron Bestuurder (Wynbedryf)
Closing Date : 2016-09-13
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë in die skilderagte Franschhoekvallei, beskik tans oor hierdie opwindende geleentheid vir ’n dinamiese persoon met goeie Menslike Hulpbron Bestuur agtergrond.
Die aansoeker moet vlot tweetalig wees, oor uitsonderlike interpersoonlike vaardighede beskik en in staat wees om akkuraat onder druk te kan werk. ’n Relevante tersiêre kwalifikasie (Honneurs in BComm Bedryfsielkunde/ Menslike Hulpbron Bestuur) en ten minste 5 jaar ondervinding as ’n Menslike Hulpbron Bestuurder, gevorderde administratiewe en rekenaarvaardighede, asook kennis van SA wetgewing is vereistes vir hierdie pos. ’n Verdere vereiste is ’n indiepte kennis en praktiese ondervinding van die VIP Payroll sisteem. Ervaring van die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste nie.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Besturende Direkteur rapporteer en verantwoordelikheid aanvaar vir: • Invoere en die bestuur van die VIP Payroll sisteem vir maandelikse besoldigde personeel • Werwing en Keuring • Induksie programme • Instandhouding en opdatering van relevante beleide en strategieë • Prestasiebestuur • BEE skedules • Gelyke Indiensneming • Vaardigheidsontwikkeling • Opleiding en ontwikkeling asook alle ander take soos verwag uit die aard van die posisie.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 13 September 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...