Job Details

Wynmaker

Closing Date : 2016-09-20
Closed : Yes
Description:
Wynmaker Nuy Wynkelder, geleë in die Worcester Wynvallei, beskik tans oor bogenoemde vakature. Die suksesvolle kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde sowel as ’n minimum van 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Wingerdkundige ervaring sal ook sterk in die aansoeker se guns tel. Die Wynmaker rapporteer direk aan die Keldermeester en is verantwoordelik vir die volgende: Bestuur van gehaltebeheerstelsels (Wieta , IPW ens), die totale wynmaakproses met hooffokus op rooiwyn, voorraadbeheer en produksie administrasie (WineMS), versnyding en stabilisering, skakeling met interne en eksterne kliënte, beheer en toesig oor Kelder personeel sowel as ander take wat normaalweg met hierdie pos geassosieer word. In ruil vir u dienste bied Nuy Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 20 September 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...