Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-09-13
Closed : Yes
Description:
Assistent-Wynmaker Ons klient, geleë in die Breedekloof area, benodig ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ’n kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding internasionaal of plaaslik, sal sterk in die aansoeker se guns tel. Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir: • die koördinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer en kelderhigiëne • die wynmaakproses saam met Wynmaker • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproeë en promosies • algemene instandhouding van keldermasjinerie. In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 13 September 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...