Assistent - Wynmaker
Closing Date : 2016-09-14
Closed : Yes
Description:
Slanghoek Kelder, geleë in die Slanghoekvallei naby Rawsonville, beskik tans oor hierdie opwindende loopbaangeleentheid.
Assistent - Wynmaker
Indien u tweetalig is, goeie menseverhoudinge handhaaf, uitstekend kommunikeer en oor sterk interpersoonlikhede en leierskapvaardighede beskik, is u ideaal vir hierdie opwindende posisie. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde, asook rekenaar vaardigheid, is verdere vereistes. Ondervinding in ’n soortgelyke pos, sal in die aansoeker se guns tel.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Bestuurder rapporteer en verantwoordelikhede behels onder andere: • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer • kelderadministrasie • personeelbestuur van kelderwerkers • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies • identifisering en bestuur van ’n onderhoudsprogram asook die toepassing van kwaliteitkontrolestelsels (ISO 22000 & HACCP).
In ruil vir u dienste bied Slanghoek Kelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 14 September 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...