Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-09-14
Closed : Yes
Description:
Mooiuitsig Wynkelder, geleë in Bonnievale beskik tans oor die volgende betrekking.
ASSISTENT-WYNMAKER
Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie.
Die Assistent-Wynmaker rapporteer direk aan die Hoof Wynmaker en is verantwoordelik vir * die köordinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * koördinering van kwaliteitskontrolestelsels * die wynmaakproses saam met wynmakerspan * * kelderadministrasie * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van wynproë en –promosies * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Mooiuitsig Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 7 September 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...