Job Details

Wynsentrumbestuurder

Closing Date : 2016-08-29
Closed : Yes
Description:
Nuy Wynkelder, met hulle nuwe sentrum langs die R60 tussen Worcester en Robertson, beskik tans oor ’n uitstekende geleentheid vir ’n entoesiatiese, toegewyde persoon met goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede. Benewens goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels en vorige ondervinding in wynverkope, is sterk interpersoonlike vaardighede en soortgelyke bestuurservaring voorvereistes. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (Bemarking en/of Skakelwese), rekenaargeletterdheid en ’n Kode 8-rybewys is verdere vereistes. Wynkennis sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle aansoeker sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir • mediaskakeling • personeelbestuur • onderhoudsbestuur • verkopebestuur • wynverkope • aanbied van wynproeë • strategiese verkopebestuur • opstel en uitvoer van ’n bemarkingsplan • alle ander verwante funksies wat met die pos verband hou. In ruil vir jou bydrae bied Nuy Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 29 Augustus 2016. Diensaanvaarding: 1 November 2016 Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...