Logistieke Koordineerder
Closing Date : 2016-08-24
Closed : Yes
Description:
Logistieke Koördineerder
Historic Wines of the Cape is op soek na ’n Logistieke Koördineerder by hul Franschhoek kantoor.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende bestuur van plaaslike en uitvoerbestellings, uitvoerdokumentasie en voorraadbestuur.
Aansoekers moet aan die volgende kriteria voldoen:
• Sterk aandag aan detail
• 2 jaar ervaring van wynuitvoerdokumentasie
• Goeie interpersoonlike vaardighede
• Kliëntediens-georiënteerd
• Sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede
• Professionele voorkoms en gedrag
• Rekenaargeletterdheid.
Historic Wines of the Cape bied ’n kompeterende vergoedingspakket in ooreenstemming met die graad van nakoming ten opsigte van die
bogenoemde vereistes.
Doen asseblief voor 09:00 op 24 Augustus 2016 aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...