Assistent Wynmaker
Closing Date : 2015-07-16
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n Wynkelder geleë in die skilderagtige Worcester Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking.
Assistent-Wynmaker
Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ’n uitstekende kommunikeerder met sterk tegniese/meganiese, interpersoonlike en eierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie.
Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir: • die köordinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • koördinering van kwaliteitskontrolestelsels • die wynmaakproses in samewerking met wynmakerspan • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies • basiese onderhoud op keldertoerusting • alle ander
take verwant aan die pos.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos weerspieël.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...