It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Plaas Voorman: Onderhoud

Closing Date : 2025-08-25
Closed : Yes
Description:

Klipopmekaar is ‘n suksesvolle organiese rooibos boerdery en uitvoerder. Die plaas is in Agter-Pakhuis, 60km van die naaste dorp Clanwilliam (Wes-Kaap) geleë. Verwys na www.klipopmekaar.co.za


Ons kliënt is op soek na ‘n Voorman wat hou van plaaswerk en om in ‘n afgeleë en pragtige plaasomgewing te woon.


Verantwoodelikhede:

Algemene basiese onderhoud van trekkers, voertuie, implemente, masjinerie, gereedskap en geboue.

Deel wees van die plaas se leierskap span.

Vervoer van werkers, rooibos produkte en ander materiaal.

Algemene plaaswerk.


Noodsaaklike ervaring, vaardighede, en kwalifikasies:

7-10 jaar ervaring in algemene plaaswerk, trekker/trok-bestuur en plaas onderhoud/werkswinkel werk;

Goeie bevoegdheid met alle masjinerie en gereedskap tipies van 'n middelgrootte plaaswerkswinkel (insluitend algemene sweis-, slyp-/sny);

Breë meganiese begrip en vermoë vir basiese diens van plaas voertuie, trekkers, implemente, plaasmasjinerie;

Geldige trokbestuurder lisensie (Kode 10 - C1) en PDP (alternatiewelik: ‘n geldige Kode B lisensie);

Moet fisies gesond wees om fisiese plaas arbeid te kan verrig;

Matriek en/of relevante kursuswerk sal voordelig wees, maar word nie vereis nie.


In ruil bied ons kliënt ‘n mededingende salaris met voordele, asook ‘n twee-slaapkamer plaaswerknemer huis.


Doen asb op een van die volgende metodes aansoek voor 09:00 op 25 Augustus 2025:

1) Doen aanlyn aansoek by www.m3online.co.za,

2) Epos u CV na tamzyn@m3online.co.za,

3) Faks u CV na 086 476 7971,

4) WhatsApp u CV na 076 126 4442.


Dui asb duidelik aan dat u vir die ‘Klipopmekaar Voorman’ pos aansoek doen, en maak asb seker dat u CV onlangse kontakbare verwysings bevat.


Vir algemene navrae, kontak ons span by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.


Neem asseblief kennis dat slegs kandidate op die kortlys gekontak word. As jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, neem asseblief aan dat jou aansoek onsuksesvol was.





×Please sign-in or register before you can apply for this job...