Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-08-18
Closed : Yes
Description:
Windmeul Kelder, geleë in die skilderagtige Boland Wynstreek, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ’n uitstekende kommunikeerder met sterk inter persoonlike en leierskapvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wyn kunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie. Die Assistent-Wynmaker rapporteer direk aan die Senior Wynmaker en is verantwoordelik vir: • die koördinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • koördinering van kwaliteits kontrolestelsels • die wynmaakproses in samewerking met die wynmaker span • kelder administrasie • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies • alle ander take verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied Windmeul Kelder ’n mededingende vergoedingspakket wat die graad van die pos weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 18 Augustus 2016. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...