Job Details

Logistieke en Produksiekoördineerder

Closing Date : 2016-08-10
Closed : Yes
Description:
Bosman Family Vineyards beskik tans oor die bogenoemde vakature. Die suksesvolle kandidaat is deeglik, betroubaar, ferm, ingestel op detail en kan goed onder druk werk. Die suksesvolle kandidaat beskik oor: • 1-3 jaar ondervinding in ’n administratiewe en logistieke koördineringsrol in die wynbedryf • praktykkennis ten opsigte van wynuitvoere • goeie organisatoriese vaardighede • sterk interpersoonlike vaardighede. ’n Gepaste kwalifikasie en praktykkennis van sertifisering en kwaliteit in die wynindustrie sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat se take sluit in: • reël van verpakking en versending van wyn • finansiële en administratiewe take (kwartaallikse verslag, fakturering van uitvoer- en plaaslike bestellings, uitvoerdokumente (WOL), Sawis-dokumentasie) • produksiekoördinering • kostebestuur • voorraadkontrole • hantering van navrae • alle ander take wat met hierdie pos verband hou. Bosman Family Vineyards bied ’n mededingende pakket in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 10 Augustus 2016. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...