Junior Wynmaker
Closing Date : 2015-07-14
Closed : Yes
Description:
Rooiberg Wynkelder, geleë in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde betrekking.
Die suksesvolle kandidaat is ’n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook ten minste
2 jaar ervaring van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid en kennis van kwaliteitkontrolestelsels (IPW, SABS, HACCP en WIETA)
is verdere vereistes vir die pos. Kennis van wingerdboukunde en ondervinding van Wine MS sal in die aansoeker se guns tel.
Die Junior Wynmaker rapporteer direk aan die Keldermeester en is verantwoordelik vir • die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite
• die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • botteleringsbeplanning en -skedulering • bestuur van kwaliteitkontrolestelsels (ISO 9001:2008) • skakeling tussen die lede en wingerdboukonsultant • behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en
aanbied van wynproeë • voorraadbeheer • beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel • behulpsaam met die aankoop van chemikalieë
• kelderadministrasie asook ander take wat met die pos verband hou.
In ruil vir u dienste bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...