Job Details

Terreinbestuurder (Residensiële konstruksie)

Closing Date : 2016-08-02
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde konstruksiemaatskappy met hul hoofkantoor in Brackenfell, beskik tans oor die volgende uitstekende loopbaangeleentheid: Terreinbestuurder (Residensiële konstruksie) Benewens goeie beplannings-, analitiese en interpersoonlike vaardighede, is die geskikte kandidaat ’n pro-aktiewe, lojale persoon en uitnemende kommunikeerder wat ag slaan op die fynste besonderhede. ’n Minimum van 5 tot 10 jaar ondervinding in ’n soortgelyke posisie in die boubedryf, asook ’n relevante nagraadse kwalifikasie is voorvereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Kontrakbestuurder rapporteer en onder meer vir die volgende pligte verantwoordelik wees: • die voltooiing van kwaliteit-konstruksieprojekte binne die begroting en op skedule • die bestuur van terreinpersoneel • skakeling met kliënte • kwaliteitskontrolering • beplanning en organisering van projekte • tegniese assistering • delegering van take. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 2 Augustus 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...