Wynmaker
Closing Date : 2016-07-20
Closed : Yes
Description:
Wynmaker
Goedverwacht Family Wines, geleë in die Robertson Wynstreek, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskaps-vaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding, internasionaal en plaaslik is ’n vereiste vir die pos.
Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die eienaar en sal vir die volgende kerntake verantwoordelik wees * koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne * die totale wynmaakproses * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van wynproë en –promosies.
In ruil vir jou bydrae bied Goedverwacht Family Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 20 Julie 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...