Job Details

Junior Plaasbestuurder (Algemeen)

Closing Date : 2016-07-27
Closed : Yes
Description:
Junior Plaasbestuurder (Algemeen) Ons kliënt, met sy skilderagtige wynplaas in die Wellington-vallei, benodig ’n tweetalige Junior Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapvaardighede asook ongeveer 2 tot 3 jaar ondervinding. ’n Naskoolse landboukwalifikasie en kennis van Angus Beeste en Wingerd sal verder in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die totale bestuursfunksie, met pligte wat onder meer die volgende behels: • wingerdaanplantings • bemesting, siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • druiwevoorbereiding • onkruidbeheer • algemene instandhouding van die landgoed se tuine, grasperke en oop ruimtes asook daaglikse tuinbouverwante onderhoud • personeelbestuur • boerdery-administrasie • begrotings- en onderhoudbestuur asook alle ander take verwant aan die pos. In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 20 Julie 2016. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...