Job Details

Verkoopsagent: Landboumiddels Oos-Kaap, Langkloof

Closing Date : 2016-08-11
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels, wat omvattende oesbeskermingsdienste aan hul kliënte in Suidelike Afrika bied en het agentskappe in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Verkoopsagent: Landboumiddels (Oos-Kaap, Langkloof area) ‘n Ideale geleentheid bestaan vir ‘n ervare, dinamiese en self-gemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk in die landbousektor te kan werk. ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in ‘n landbouverwante studierigting, kennis van oesbeskermings-landboumiddels, kennis van gewasse (fokus op kern en steenvrugte), en AVCASA sertifikasie is vereistes terwyl bewese verkoops- en bemarkingskundigheid in die aansoeker se guns sal tel. Pligte behels o. a. • aanbeveling van geintegreerde gewasbestuursprogramme • bemarking en verkope van ‘n volle reeks geskikte oesbeskermings-landboumiddels • verskaffing van spesialis tegniese advies en ondersteuningsdienste • marknavorsing en verkoopsvooruitskatting • bemarkingstrategieë en beplanning • verslagdoening, sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 11 Augustus 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...