Job Details

Wynmaker

Closing Date : 2016-08-22
Closed : Yes
Description:
Wynmaker Mooiuitsig Wynkelder, geleë in Bonnievale, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskaps-vaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding, internasionaal of plaaslik, sal sterk in die aansoeker se guns tel maar is nie ’n vereiste nie. Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die Hoof Wynmaker en sal vir die volgende kerntake verantwoordelik wees * koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne *laboratorium dienste * die wynmaakproses saam met Hoof Wynmaker * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van wynproë en –promosies. In ruil vir jou bydrae bied Mooiuitsig Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 19 Augustus 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...