Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-08-10
Closed : Yes
Description:
Ons klient, ’n dinamiese wynlandgoed in die Durbanville Wynvallei wat wyne van uitstaande gehalte maak vir beide die plaaslike en internasionale mark, benodig ’n kreatiewe persoon met sterk interpersoonlike. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde is ’n vereiste vir die pos. Geen vorige ervaring word benodig nie.
Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite *nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * kelderhigiëne * die wynmaakproses onder leiding van die Wynmaker * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * daaglikse rekordhouding van wynaksies * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons klient ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 4 Augustus 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...