Job Details

Wynmaker

Closing Date : 2016-07-13
Closed : Yes
Description:
Stellenbosch Hills, geleë buite Stellenbosch, beskik tans oor die bogenoemde betrekking: Hierdie is die ideale pos vir ’n persoon met uitsonderlike tegniese wynmaakvaardighede, asook goed ontwikkelde kommunikasie-, interpersoonlike en bestuursvaardighede. ’n Kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde, aangevul deur sowat 4 tot 5 jaar wynmaakervaring, is voorvereistes, terwyl rekenaarvaardighede met spesifi eke kennis van EzyWine in die aansoeker se guns sal tel. Die Wynmaker rapporteer direk aan die Kelderbestuurder en is verantwoordelik vir: • die köordinering van kelder- en parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • bestuur van kwaliteitskontrolestelsels • voorraadbeheer • beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel • enige ander take wat normaalweg met die pos verband hou. In ruil vir u bydrae bied Stellenbosch Hills ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 15 Julie 2016. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...