Job Details

Tegnikus/ Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-08-04
Closed : Yes
Description:
TEGNIKUS/ ASSISTENT-WYNMAKER Langverwacht Wynkelder in die Robertson Wynvallei benodig ’n gemotiveerde en hardwerkende persoon met ’n tegniese agtergrond en ondervinding in die wynbedryf. Ondervinding in ’n wynkelder sal in die aansoeker se guns tel. Pligte behels onder meer die instandhouding van alle keldertoerusting en -masjinerie, wat die hersiening van pompe en ratkaste, sweiswerk, alle PVC-pypwerk, vlekvryestaal-pypwerk en alle ander instandhouding insluit. Verdere pligte behels die koördinering van parsaktiwiteite, nasorg, versnyding en stabilisering van wyn, kelderhigiëne, beheer en toesig oor kelderpersoneel asook alle ander verwante take. Die werknemer moet bereid wees om oortyd sowel as ongereelde tye en oor naweke te werk. In ruil vir jou bydrae bied Langverwacht Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 12 Julie 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien jy binne twee weke van die sluitingsdatum vir aansoeke geen terugvoering ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...