Witwynmaker
Closing Date : 2016-07-15
Closed : Yes
Description:
Witwynmaker
Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor die bogenoemde vakature. Die suksesvolle kandidaat is ’n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse
kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde en ten minste 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid is ’n vereiste vir die pos.
Die Wynmaker rapporteer aan die Produksiebestuurder wat saam met die groep wynmakers verantwoordelik is vir: • die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite • die totale
wynmaakproses • toesig en bestuur van kelderpersoneel • ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.
In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 15 Julie 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek
onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...