Job Details

Senior Wynmaker

Closing Date : 2016-07-06
Closed : Yes
Description:
SENIOR WYNMAKER Waboomsrivier Wynkelder geleë in die pragtige Breërivier-wynvallei, beskik tans oor die bostaande vakature. Die suksesvolle kandidaat moet oor ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde beskik met ’n minimum van 8 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Die persoon sal ook direk met kopers skakel en met die onderhandelingsproses behulpsaam wees. Goeie kommunikasie- en onderhandelingsvermoëns is dus baie belangrike vaardighede. Toepassing en instandhouding van kwaliteitskontrolestelsels, asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes vir die pos. Die Senior Wynmaker rapporteer aan die Bestuurder en sal verantwoordelik wees vir die volgende kerntake: • die koördinering van parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • skakeling met wynaankopers • bestuur van kwaliteitskontrolestelsels • wingerdboupraktyke • voorraadbeheer en produksie-administrasie • opstel en toepassing van kelderbegrotings • beheer en toesig oor kelder- en kantoorpersoneel • ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word. In ruil vir u dienste bied Waboomsrivier Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 6 Julie 2016. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...