Job Details

Speelgoedbiblioteek-assistente

Closing Date : 2016-07-01
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n welsynsorganisasie in die Paarl, beskik tans oor die volgende vakature: Speelgoedbiblioteek-assistente Vroeë Kinderontwikkeling Hierdie uitdagende geleentheid in Wellington asook in Klapmuts, is ideaal vir entoesiastiese persone wat eie inisiatief kan gebruik en onafhanklik kan werk. Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels, ’n passie vir die opvoeding van voorskoolse kinders en ondervinding op die gebied van vroeë kinderontwikkeling, sal in die aansoekers se guns tel. ’n Minimum kwalifikasie van NQF Vlak 4 word vereis, maar NQF Vlak 5 en crèche-ervaring word sterk aanbeveel. Verantwoordelikhede behels onder andere: • hulp aan crèche-personeel met die praktiese implementering van kurrikulums • voorraadkontrole • instandhouding van databasisse • aanbied van werkswinkels • alle ander pligte wat met die pos verband hou. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 1 Julie 2016, of per faks na 021 863 2827. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...