Senior Verkoops Konsultant
Closing Date : 2016-07-15
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n toonaangewende verskaffer aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf, beskik tans oor die volgende betrekking by hulle kantore in die Paarl
Senior Verkoops Konsultant
(Wynbedryf masjienerie, chemikalieë en produkte)
Hierdie is 'n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ’n gedrewe persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese lewensbenadering. Die suksesvolle kandidaat moet oor uitstekende verkoops-, taal- en kommunikasievaardighede beskik en met mense op alle vlakke kan kommunikeer. 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie asook 5 jaar relevante ondervinding is ’n posvereiste.
Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir skakeling met bestaande kliënte en identifisering van moontlike nuwe kliënte, uitbou van kliënteverhoudinge, verkope en bemarking van produkte, voorraadkontrole en alle ander verwante funksies tot die posisie.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 8 Julie 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...