Job Details

Produksiebestuurder

Closing Date : 2016-06-22
Closed : Yes
Description:
Produksiebestuurder Kleine Zalze Wyne benodig die dienste van ‘n Produksiebestuurder by sy produksiefasiliteit in Blackheath. Die posbekleër sal ‘n sleutelrol vervul en sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die produksiespan en fasiliteit ten einde produkte van wêreldgehalte te produseer en te lewer aan nasionale en internasionale market. Die posbekleër moet oor die volgende beskik: • uitstekende mensebestuursvaardighede • graad of Hoër Nasionale Diploma in Bedryfsbestuur/Logistiek of gelykwaardige toepaslike kwalifikasie met minstens 8 jaar ondervinding in Produksie/Logistieke bestuur in die wynbedryf of in ‘n vergelykbare FMCG omgewing • skerp syfervaardigheid en die vermoë om akkuraat en noukeurig te beplan • die vermoë om optimale produksieprestasie te lewer en onafhanklik en onder druk te werk - Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir: • Beplanning en bestuur van bergings-, etiketterings-, vullings- en versendingsaktiwiteite teen gekontrakteerde leweringsdatums • Beplanning en aankope van verpakkingsmateriaal en skakeling met verskaffers • Werwing, aanstelling en bestuur van ‘n diverse produksiespan en handhawing van goeie arbeidsverhoudinge en spanwerk • Deurlopende meting en rapportering van toepaslike bedryfsuitsette • Oorhoofse bestuur van die Gehaltestelsel, HACCP, IPW, Wieta, ens. • Nakoming van die OHS-Wet, Arbeidswette en Munisipale Regulasies • Bedryf en instandhou van die fasiliteit binne die goedgekeurde begroting Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 22 Junie 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...