Job Details

Senior Wynmaker

Closing Date : 2016-06-27
Closed : Yes
Description:
Aan de Doorns Wynkelder, geleë in die Worcester Wynstreek, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid: Senior Wynmaker Die suksesvolle kandidaat is ’n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde sowel as ’n minimum van 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid en kennis van kwaliteitskontrolestelsels (veral IPW) is verdere vereistes vir die pos. Die Senior Wynmaker sal vir die volgende kerntake verantwoordelik wees: • die koördinering van parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • skakeling met wynaankopers • bestuur van kwaliteitskontrolestelsels (IPW, Wieta en ISO 22000) • wingerdboupraktyke • voorraadbeheer en produksieadministrasie • behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë • beheer en toesig oor kelderpersoneel • ander take wat normaalweg met die pos veband hou. In ruil vir u dienste bied Aan de Doorns Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 20 Junie 2016. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...