Administratiewe Beampte
Closing Date : 2015-07-03
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde pakstoor geleë in Stellenbosch benodig tans die dienste van ‘n
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanleg in finansies hê. ’n Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie en ondervinding van rekeningkundige werk, debiteure en krediteure is vereistes vir hierdie pos. Rekenaarvaardigheid is ’n verdere vereiste terwyl verpakking-en administratiewe prosesse in die kandidaat se guns sal tel.
Die aansoeker se vernaamste take en verantwoordelikhede sluit die volgende in: algemene kantooradministrasie * debiteur-/krediteuradministrasie * datavaslegging * salaris-/loon administrasie * en alle ander ad hoc take wat met die pos verband hou
In ruil vir u dienste bied ons klient ’n mededingende vergoedingspakket aan
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...