Job Details

Plaasbestuurder (Tafeldruiwe)

Closing Date : 2016-09-22
Closed : Yes
Description:
Ons klient, geleë in Clanwilliam, benodig tans ’n energieke en passievolle Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapvaardighede en minstens 5 tot 8 jaar ondervinding. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (BSc Agric of ’n Elsenburg-diploma) asook ’n instandhoudings- en meganiese aanleg sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Besturende Direkteur rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie, wat die volgende pligte insluit: aanplantings, bemesting, siekte- en plaagbeheer, snoeiprogramme, druiwevoorbereiding, onkruidbeheer, personeelbestuur, boerdery-administrasie, begrotingsbestuur en alle ander take verwant aan die pos. In ruil bied ons klient ’n mededingende vergoedingspakket. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 22 September 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...