Botteleringsbestuurder
Closing Date : 2016-06-14
Closed : Yes
Description:
Mooiuitsig Wynkelder, geleë in die pragtige Bonnievale wynstreek, benodig ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapvaardighede.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die volgende funksies: • bestuur van werknemers • bestuur van bottelerings- en etiketteringslyne • handhawing van gehaltebeheer en kwaliteitstandaarde • verliesbeheer • bestuur en kontrolering van voorraad • toesighouding oor die totale botteleringsproses.
Die ideale kandidaat moet beskik oor: • Matriek plus 5 jaar ondervinding van botteleringslyne • tegniese en meganiese kennis van botteleringslyne • rekenaarvaardigheid • toesighoudings en bestuursvaardighede • blootstelling aan ’n kwaliteitsbeheerde werksomgewing • ervaring van gehaltebeheer.
Mooiuitsig Wynkelders bied uitstekende werknemersvoordele en ’n markverwante salaris eie aan ’n groot onderneming.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 14 Junie 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...