Voorraad- & Logistieke Koördineerder
Closing Date : 2016-06-10
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n bekende wynlandgoed in die Paarl, benodig tans ’n ervare, dinamiese en self-gemotiveerde persoon vir bogenoemde pos. Benewens die vermoë om akkuraat en onder druk te werk, beskik die ideale kandidaat ook oor: • ’n Matrieksertifikaat • minstens 3-4 jaar ondervinding in ’n soortgelyke posisie in die wynbedryf • rekenaargeletterdheid (Pastel & Excel). ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel.
Pligte behels onder meer: • voorraadbeheer • alle aspekte rondom die hantering van uitvoerdokumentasie • beheer oor alle bestellings en afleweringsprosesse • SAWIS/doeane- en aksynsadministrasie • dag-tot-dag skakeling met logistieke maatskappye • alle ander administratiewe take wat met die pos verband hou.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket.
Doen asseblief voor 09:00 op 10 Junie 2016 aanlyn aansoek.
Aanvangsdatum: So gou moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...