Bemarkings- & Verkope Assistent
Closing Date : 2016-08-10
Closed : Yes
Description:
Badsberg Kelder, geleë sewe kilometer buite Rawsonville en deel van die Breedekloof Wyndistrik, bied tans die volgende loopbaangeleentheid:
Bemarkings- & Verkope Assistent
(Proelokaal/Verkope/Admin)
Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie en ondervinding van wynverkope en -bemarking. Rekenaarvaardigheid en goeie kennis van wyn en die wynbedryf word vereis.
Die posbekleër sal aan die Bestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir: • aanbieding van wynproeë en -verkope in die kelder • hantering van wynskoue en -promosies • skakeling met kliënte en produsente • hantering van kelder se sosiale media • kantooradministrasie.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was ná die plasing van hierdie advertensie gekontak word.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...