It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Onderhoud Tegnikus

Closing Date : 2024-06-28
Closed : Yes
Description:
Nuy Wynkelder, geleë in die Worcester Vallei, beskik tans oor die bogenoemde posisie vir 'n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede. Die Onderhoud Tegnikus sal aan die Produksiebestuurder rapporteer en sal verantwoordelik wees vir: *Basiese elektriese- en loodgieter onderhoud (insluitend daaglikse inspeksies om blokkasies te verhoed); *Verfwerk; *Algemene inspeksies van produksie fasiliteit, kantore en publieke areas (insluitend dakke & geute) om moontlike probleme en foute vroegtydig op te spoor; *Nagaan van alle masjinerie wat geassosieer word met wynkelders (bv. parskelder masjinerie en wynpompe), en verseker dat masjinerie optimaal funksioneer deur onderhoud of herstelwerk te doen (of om herstelwerk te reël in gevalle waar gespesialiseerde dienste vereis word); *Opstel en bestuur van maatspappy se onderhoud- en vernuwingsplan; *Alle ander take wat verband hou met hierdie posisie. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Matriek; • 3 jaar ondervinding in ’n soortgelyke posisie; • Rekenaarvaardig; • Goeie kommunikasie vaardighede (Afrikaans & Engels); • Geldige bestuurderslisensie. Om aansoek te doen, stuur asb u CV direk aan Daniël Fourie (daniel@nuywinery.co.za) voor 17:00 op 28 Junie 2024. Let daarop dat slegs kandidate op die kortlys gekontak word. Indien u nie binne twee weke van die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan u aanvaar dat die aansoek ongelukkig onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...