Bottelering Produksiebestuurder (Wynbedryf)
Closing Date : 2015-07-04
Closed : Yes
Description:
Koelenhof Wynkelder, geleë in Stellenbosch, beskik tans oor hierdie uitdagende geleentheid vir ’n dinamiese, energieke persoon wat ’n goeie kommunikeerder is met bewese ondervinding van die wynbedryf, bottelering en produksiebestuur. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde en ten minste 3 jaar ondervinding in die wynbedryf is vereistes vir die pos terwyl ondervinding van die botteleringsprosesse in die aansoeker se guns sal tel.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir * produksiebeplanning * effektiewe en doeltreffende bestuur van produksie proses * kwaliteitskontrole van botteleringsprosesse en gebottelleerde produkte *voorraadbestuur * handhawing en implementering van kwaliteit- en veiligheid standaarde * personeelbestuur * skakeling met kliënte en vervoermaatskappye * verliesbeheer * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil bied Koelenhof Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...