Job Details

Wingerdstok Verkoopskonsultant

Closing Date : 2024-04-26
Closed : Yes
Description:
Sluit aan by die dinamiese span van Bosman Adama Wingerdkwekers en Plantverbetering wat in Wellington geleë is. Ons is op soek na 'n dinamiese individu om ons wingerdstok verkope en bemarkings veldtogte te bevorder. Die ideale kandidaat beskik oor uitsonderlike tegniese kennis en mense verhoudings, tesame met 'n passie om direk met produsente te kommunikeer en hul landboubehoeftes aan te spreek. Noodskaaklik tot hierdie rol is die vermoë om kundige tegniese leiding te bied oor die beplanning van wingerd- uitbreidings, wat uiteindelik lei tot die verkope van wingerdstokplantmateriaal. Die geskikte persoon sal rapporteer aan die Kwekerybestuurder en die pos sluit die volgende verantwoordelikhede in: *Uitvoer van tegniese konsultasies en verkope *Implementering van plaaslike bemarkingsinisiatiewe *Voortdurende tegniese ondersteuningsdienste voorsien deur middel van kliëntbesoeke *Alle ander administratiewe aksies verbonde aan die rol. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ondervinding: • Relevante BSc- of landboukwalifikasie; • Kennis en praktiese ervaring in grondwetenskap en plantmateriaal; • Minstens 5 jaar ondervinding in 'n soortgelyke bemarkings- of verkope rol; • Goeie kommunikasie vaardighede in Afrikaans en Engels; • Bereidheidwilligheid om te reis. Vir meer inligting en om aansoek te doen, besoek www.m3online.co.za voor 09:00 op 26 April 2024. Vir algemene navrae, kontak ons span by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Neem asseblief kennis dat slegs kandidate op die kortlys gekontak word. Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, neem asseblief aan dat jou aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...