Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-05-20
Closed : Yes
Description:
Assistent-Wynmaker
Ons klient, geleë in die Breedekloof area, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede. Die ideale kandidaat is ten volle gekwalifiseerd in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike internasionale of plaaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel maar is nie ’n vereiste nie.
Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir • die koördinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer en kelderhigiëne • die wynmaakproses saam met Wynmaker • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproeë en -promosies • algemene instandhouding van keldermasjinerie.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket wat die graad van die pos sal weerspieël.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...