Job Details

Bemarkingsassistent

Closing Date : 2016-05-17
Closed : Yes
Description:
Leopard\\\\\\\'s Leap in die Franschhoekvallei verlang \\\\\\\'n positiewe, geesdriftige en vindingryke persoon om by sy bemarking- en verkoopspan aan te sluit. Bemarkingsassistent Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir bystand aan die Handelsmerkbestuurder met die toepassing en monitering van die Leopard’s Leap bemarking- en verkoopstrategie. Sleutelverantwoordelikhede sluit in: * skakeling met plaaslike, nasionale en internasionale agente en verkoopverteenwoordigers * ondersteuning met produk- en verpakkingsontwikkeling * administrasie en koördinering van toerisme-, verbruikers- en handelspromosies * begrotings-, verkoop- en bemarkingsadministrasie * skakeling met gaste, klante en diensverskaffers * koördinering van gastebesoeke * webwerf-administrasie * die uitleef van die Leopard’s Leap-handelsmerkkultuur in sakeverhoudings en kommunikasie. Vereistes vir die pos: * \\\'n aanvoeling vir die bemarkingsbeginsels van ‘n toonaangewende handelsmerk * leierskap en puik organiseervaardighede * \\\\\\\'n toepaslike naskoolse kwalifikasie * minstens drie jaar toepaslike ondervinding (handelsmerk-, skakel- en bemarkingsondervinding sal ‘n aanbeveling wees, asook kennis van die S.A. wynbedryf) * uitmuntende kommunikasievermoë en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels * sterk werkdissipline, met die vermoë om druk te kan hanteer * vaardigheid met webwerf- en sosialemedia-platforms * rekenaarvaardigheid bo die gemiddelde * \\\'n passie vir kos en wyn. ’n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied. As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie

×Please sign-in or register before you can apply for this job...