Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-05-17
Closed : Yes
Description:
Assistent-Wynmaker
Villiersdorp Kelder, geleë in Villiersdorp, benodig ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede. Die ideale kandidaat is ten volle gekwalifiseerd in Wingerdbou en Wynkunde en vorige ondervinding met ’n minimum van twee voltooide parsseisoene (met verwysings) sal in die aansoeker se guns tel. Goeie kennis van wingerdboupraktyke en goeie rekenaarvaardighede is ’n absolute vereiste terwyl ondervinding van WineMS u aansoek sal versterk.
Die Assistent-Wynmaker rapporteer direk aan die Bestuurder/Wynmaker en is verantwoordelik vir • die köordinering van parsaktiwiteite • versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer en hulpverlening met die aankoop van chemikalieë • kelderadministrasie • die wynmaakproses • bestuur en implementering van kwaliteitskontrolestelsels • opleiding, beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies.
In ruil vir jou bydrae bied Villiersdorp Kelder ’n mededingende vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...