Job Details

Rekenmeester

Closing Date : 2016-05-09
Closed : Yes
Description:
Riebeek Kelder (Edms.) Bpk., ’n gevestigde wynmaatskappy in die skilderagtige Riebeekvallei, beskik tans oor bogenoemde geleentheid in die  nansiële afdeling by hul kantore te Riebeek-Kasteel. Verantwoordelikhede sluit in: • hulp met die opstel van  nansiële state tot op proefbalans stadium • kontrole en rekonsiliasie van Riebeek Kelder se krediteure en debiteure asook betalings en die opvolg daarvan • teboekstelling van kleinkas, tjekbetalings en diverse ontvangste • ander administratiewe funksies binne die  finansiële afdeling • totale administrasie en bestuur van aksynbetalings. Die ideale posbekleër beskik oor die volgende: • B.Com-graad of Diploma in Finansiële Bestuur / Koste- en Bestuursrekeningkunde • bewese praktiese ervaring as Rekenmeester • rekenaargeletterdheid (gevorderde kennis van rekeningkundige stelsels en Excel) • detail-georiënteerd en goeie projekbestuursvaardighede • uitsonderlike kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede. Blootstelling aan EzyWine sal as ’n verdere aanbeveling dien. In ruil vir u bydrae bied Riebeek Kelder (Edms.) Bpk. ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...