Ontvangsdame (Koerierdienste Stellenbosch)
Closing Date : 2015-06-26
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde Koerierdiens met hulle hoofkantoor geleë in die Paarl, beskik tans oor die bogenoemde posisie by hulle kantoor in Stellenbosch. Die geskikte kandidaat is ‘n betroubare, toegewyde persoon wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. Deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (MS Office) is vereistes vir die pos. ‘n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie en ondervinding sal in die aansoeker se guns tel.
Die suksesvolle aansoeker sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir ontvangs van kliente, kantooradministrasie, skakeling met Koeriers en reël van op- en aflaai van pakkies en alle ander ad hoc take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...