Junior Plaasbestuurder/Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-04-19
Closed : Yes
Description:
JUNIOR PLAASBESTUURDER/ASSISTENT WYNMAKER
Mischa Wynlandgoed, geleë in Wellington, benodig ’n energieke persoon met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 1 tot 3 jaar relevante ondervinding. ’n Kode C1 (10) lisensie en rekenaarvaardigheid (MS Office) is vereistes vir die pos. ’n Na-skoolse landbou kwalifikasie sal verder in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie.
Pligte behels oa * wynbereiding en algemene kelderwerk * wingerd bestuur * algemene stokkies-kwekery take * bemesting, siekte- en plaagbeheer * snoeiprogramme * besproeiing * druiwe voorbereiding * onkruidbeheer * personeelbestuur * kelder en boerdery administrasie * onderhoudsbestuur * sowel as alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Mischa Wynlandgoed ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...