Tegniese Beampte
Closing Date : 2016-04-18
Closed : Yes
Description:
Die suksesvolle kandidaat vir hierdie betrekking sal deel vorm van die tegniese span by Nexus AG se hoofkantoor in die Paarl en aan die Tegniese Kommersiële Bestuurder rapporteer.
Pligte en verantwoordelikhede: • Verkryging, verskaffing, vaslegging en konsolidering van wetenskaplike inligting • Direkte en gereelde skakeling met rolspelers, insluitend kliënte, agente en verskaffers • Instandhouding van huidige dokumentasie en stelsels • Stelselontwikkeling • Administrasie van die tegniese afdeling • Administrasie van monsters • Verskaffing van inligtingstukke en data aan rolspelers. Vereistes: • ’n Tersiêre landbouverwante kwalifikasie (BSc of BAgric) • Spesialisering in Grondkunde of Hortologie sal ’n voordeel wees • Vlot twee taligheid • ’n Passie vir wetenskaplike dataverwerking • Betroubaarheid • Goeie kommunikasievaardighede • Uitstekende rekenaarvaardighede.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital, tel 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...