Job Details

Tegniese Assistent

Closing Date : 2016-04-18
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde wingerdstokkiekwekery in die Paarl/Wellington omgewing, beskik tans oor hierdie vakature vir ’n jong dinamiese persoon. Die ideale aansoeker is hardwerkend, handhaaf goeie menseverhoudinge, kan onafhanklik en onder druk werk en beskik oor goeie kommunikasie- en rekordhoudingsvaardighede. ’n Toepaslike náskoolse kwalifikasie met ’n landbou-agtergrond en basiese tegniese kennis van wingerdbou is vereistes vir die pos. Die pligte behels die volgende: • deurloop van moederblokke vir entmateriaal • identifisering en merk van probleemareas • deurlopende kommunikasie met produsente • enting en koördinering van entings op proefpersele • versekering dat entings deur entspan volgens standaard is • rekordhouding van alle entings • toesig en bestuur van kwekerytonnels met betrekking tot die vestiging van nuwe kultivars • rekordhouding van beskikbare materiaal en skattings • voorbereiding van wingerde vir entings • bestuur van stoor • bestuur en motivering van arbeiders • rekordhouding van stokkies in koelkamer • beheer en toesig oor opknip en verpakking van stokkies vir buitelandse markte • alle ander take wat met die pos verband hou. In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...