Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-04-19
Closed : Yes
Description:
Die suksesvolle kandidaat is ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapvaardighede wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Vorige ondervinding sal in die aansoeker se guns tel maar is nie ’n vereiste vir die pos nie.
Die Assistent-Wynmaker raporteer direk aan die Keldermeester/ Produksiebestuurder en is verantwoordelik vir: • die koördinering van parsaktiwiteite • versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer en hulp met die aankope van chemikalieë • kelderadministrasie • die wynmaakproses • bestuur en imple mentering van kwaliteitskontrolestelsels • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies. In ruil vir jou bydrae bied Wandsbeck Wyne ’n mededingende vergoedingspakket.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien jy geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...