Algemene Bestuurder - Tokara
Closing Date : 2016-04-08
Closed : Yes
Description:
Algemene Bestuurder
(Wyn/Olyfbedryf)
Hierdie is ’n topaanstelling vir ’n ervare persoon met omvattende bestuursondervinding en bemarkingskundigheid, van toepassing op die wynbedryf. Indien u ’n innoverende leier met ’n strategiese/professionele benadering is en oor uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede beskik, is hierdie ’n stimulerende loopbaanskuif na ’n goeie, gevestigde onderneming.
’n Toepaslike náskoolse kwalifikasie, bewese bestuursondervinding, sowel as ondervinding van die wynproduksieproses en veral bemarking en verkope van tophandelsmerke in die wynbedryf (nasionaal sowel as internasionaal) is vereistes vir die pos. Die Algemene Bestuurder rapporteer direk aan die Eienaar en is verantwoordelik vir die totale bestuursfunksie,
insluitend die volgende pligte: • strategiese en risikobestuur • operasionele bestuur • bemarking en verkope van alle produkte • oorhoofse finansiële en begrotingsbestuur • personeelbestuur • algemene bestuur van totale organisasie.
Die vergoedingspakket sal die senioriteit van die aanstelling weerspieël en is onderhandelbaar op ’n hoogs mededingende vlak.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...