Job Details

Voorraad en Versendingskontroleur

Closing Date : 2016-03-29
Closed : Yes
Description:
Simonsig Wynlandgoed, geleë in die skilderagtige Stellenbosch Wynstreek, beskik tans oor hierdie uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n selfversekerde, toegewyde persoon wat goed met mense kan kommunikeer. Die suksesvolle kandidaat moet ’n betroubare, akkurate, selfgemotiveerde, eerlike persoon wees met goeie leierseienskappe wat goed in spanverband kan saam werk. Sterk rekenaarvaardighede, ’n natuurlike syferaanleg asook 2 tot 3 jaar toepaslike ondervinding is vereistes vir hierdie pos terwyl kennis van EzyWine, MS Word en MS Excel in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat se pligte behels o a: • voorraadbeheer en bestuur • SAWIS-wynsertifi sering • rekonsiliëring van voorraad (EzyWine) • beplanning en opmaak van bestellings • alle logistiek rondom plaaslike aflewerings • huishouding en sekuriteit van pakstoor • personeelbestuur van versending en etiketteringspan • algemene kantoor administrasie en stelselonderhoud • alle ander pligte verwant aan hierdie pos. In ruil vir u bydrae bied Simonsig ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...